SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.
EERSTE SÊ
NATANIËL SÊ
ons wêreld
JULLE SÊ • SÊ DIT, SKRYF DIT, TWIET DIT, DEEL DIT
DIAAN sonder einde • Jare lank was sy 7de Laan se blonde Paula, die bekroonde rol wat haar alom geliefd in die land gemaak het. Vir aktrise Diaan Lawrenson was dit maar die begin. Swaarder rolle het gevolg, ook dié van lektor en vervaardiger. Nou staan sy aan die hoof van SA se trotse filmskool AFDA. ’n Draaipunt in haar lewe, sê sy self. Maar dis reg so, want drome verander
CASPER BOSMAN Daai brilletjie kyk fýn • In die begin was daar lap. Kleur. Aandag aan detail. En sy ma agter die naaimasjien. Vandag, as jy op jou mooiste wil lyk, vóél, gaan sit jy aan die voete van die Bloemfonteinse boytjie Casper Bosman. ’n Veertjie vir sy hoed: Hy’t verlede jaar die wenner van SARIE se Matriekafskeidrok én ons Bruidspaar van die Jaar aangetrek
Ewe tuis VOOR ÉN AGTER die kamera • Ons ken hulle óp die kassie. Die bekende aktrise Simoné Pretorius, akteur en sanger Reynardt Hugo en die gewilde kykNET-aanbieder Lourensa Eckard. Maar onlangs het hulle dit ook ágter die skerm gewaag . . .
15 TYDLOSE IKONE LANK SAL HULLE LEWE! • Jy ken hulle – die staatmakers wat saam met die tyd beweeg. Al spog hulle gereeld met ’n ander baadjie om by ’n nuwe generasie te flikflooi, bly daardie geheime ‘iets’ staan: dít wat ons in die eerste plek daarop versot gemaak het
SNAAKS, SNAAKSER, SCHALK • Van Kempton Park tot Edinburgh, die bekende akteur en komediant Schalk Bezuidenhout is meer as net ’n grapjas . . . hy’s Meneer ‘Feeling Good, Feeling Positive’. Oor kontinente heen laat hy mense die Oos-Rand-gees vang
OEMF VIR ’N ROK • Dis heerlik om ’n rok net oor jou kop te glip. Met ’n bietjie speel en slimmer dink kan jy soveel meer styl-opsies hê vir ’n rok-kas wat harder werk
modedinge
bederfprodukte Luuks
Rooitapyt-vel MET MINDER • Vanjaar wen eenvoud en minimalisme in velsorg die Oscar! Ingewikkelde roetines en hope produkte is iets van die verlede. Maak kennis met die nuwe trend: skinimalism. Volgens skoonheidskenners simplisties en goed genoeg vir die rooi tapyt
LANGER jonger • Die nuutste nuus, produkte en wenke om onnodige tekens van tyd te takel
mooidinge
WAAR BOME FLUISTER • Onder lowergroen inheemse bome het die Twidale-gesin hul huis in Johannesburg kom bou. Die eindresultaat is ’n besonderse en innoverende ontwerp, gevul met lig en kleur. En altyd die sagte geritsel van blare
woondinge
PRONK PASTEI • Wanneer koeler dae aan my deur kom klop, bak ek graag ’n pastei met ’n bros kors. Aanloklik wag daardie goue kors vir jou, binne skuil ’n sagte hart vol groot geur. Kom sit aan vir ’n nostalgiese bederf
kosdinge
JOHNNY DAVIDS 'Ek het nuwe asem' • Die verhaal van hoe ’n weggooikind van die Kaapse Vlakte uiteindelik Johnny Davids, bekroonde TV-aanbieder, sportkommentator en sanger, geword het, gryp jou aan die hart. Nou gee sy boek vir ánder hoop en vertroosting
Die trauma in jou gene • Ons land het al soveel trauma beleef, van die vroegste tye af. Die konsentrasiekampe, slawerny, apartheid . . . ons is inderdaad ’n getraumatiseerde nasie. Dit spoel boonop van een generasie na die volgende toe oor, vasgemessel in ons DNS. En raak iedereen van ons op ’n baie persoonlike...