Baba & Kleuter is die enigste Afrikaanse ouerskaptydskrif in die land. Ma's wat net die beste vir hul kinders wil hê maak staat op ons vir raad en inligting. Ons is passievol oor ouerskap en maak ma-wees makliker vir jou. Baba & Kleuter is`n ouerskaptydskrif wat alles dek van swangerskap tot en met graad een. Ons inspireer ons lesers met deeglike, inspirerende artikels om beter ouers te wees en hul kinders met selfvertroue groot te maak. Ons skep `n gemeenskap van oopkop Afrikaanse ouers wat almal glo in heilsame gesinne waar elke gesinslid hom- of haarself ten volle kan uitleef. Lees Baba & Kleuter, en jy sal klaar soos 'n beter ouer voel.
Baba & Kleuter
Weer kind
Bly te kenne, bekoorlike Bertus! • Ons voorbladster Bertus (19 maande) is ’n regte hartedief, vertel sy ma, Janine Kilian van die Paarl.
inboks • sharing@ypbmagazine.com
Deel & wen • WEN ’N GESKENKPAK VAN MOM2B PREGNANCY SHAKE TER WAARDE VAN R1 100 ELK!
VAN BRAAIBROODJIES TOT BAGUETTES • Clarise Haasbroek Kotze en haar gesin woon op die Franse platteland. Sy vertel hoe sy haar woordeskat moes uitbrei om ‘tweeling’ in te sluit.
PURE PLAAS • Die Vaughan-gesin van Rustenburg is plaasmense en dit was ook die tema vir Léan se eerste verjaardag.
SON, SEE & SLAAP • Dié kamer is geïnspireer deur die son en see, met prettige bykomstighede en roomyskleure. Kies ‘n tydlose wiegie wat maklik met ’n kinderbed vervang kan word.
Fees van vrugte • Vergryp jou aan vrugte! Gesond en só lekker. Hier is 13 resepte, iets vir almal in die gesin, van die kleinste tot die grootste.
LEWE LIGTER • Neem beheer en kry meer orde en eenvoud in jou lewe. Ons vertel jou hoe.
Jou WOORDE BOU jou kind • Die manier waarop jy met jou kind praat kan haar selfvertroue opbou of afbreek. Hoe kan jy taal en woorde inspan om die beste uit jou kinders te haal?
VAT DIE SNUIF-SEISOEN VAS! • Weet jy wat om te doen as jou kleinding skielik begin hoes, of as jy ’n loopneusie in die huis oplet? Hier is raad om jou gesin vinnig weer gesond te kry.
KEER GRIEP • Die griepinspuiting kan jou (ook as jy swanger is) én jou kind hierdie winter uit die dokter se spreekkamer hou.
LEES VIR DIE VALE • Daar is ’n wonderlike Afrikaanse kinderboek vir elke stadium, ouderdom en voorkeur. Geen verskonings om nie elke dag te lees nie!
WAT’S NUUS swangerskap
SWANGER FIKS & GESOND • Gedink swangerskap en ’n bietjie sweet is nie goeie pasmaats nie? Inteendeel. Ál meer dokters moedig swanger vroue aan om oefening te doen – solank jy veilig bly.
SIT STRES OP SY PLEK • Hewige spanning terwyl jy swanger is, is nie goed vir jou of jou baba nie. Vermy dit waar jy kan en probeer daadwerklik ontspan.
TOP-5 VIR ELKE TRIMESTER • Ons kenners bekyk die vyf belangrikste dinge wat jy oor elke trimester moet weet om ’n gesonde klein mensie die wêreld in te bring.
ALLES OOR STAMSELLE • As jy met geboorte jou kind se stamselle laat berg, kan dit in die toekoms gebruik word om lewens te red.
TWEE SELLE WORD baba • Dis nie net ná geboorte dat jou baba ’n rits mylpale verbysteek nie. Diep in jou magie doen hy amper elke week iets verstommends en nuuts.
VRAE & ANTWOORDE
INKOPIES vir jou nuwe baba • Daar’s min dinge so opwindend as om jou ongebore baba se kamer in te rig en haar eerste kleertjies en ander benodigdhede te gaan koop. Hier’s wat julle alles nodig sal hê.
BORSVOEDING Wat het jy nodig? • Borsvoeding is ’n natuurlike proses en die noodsaaklike toerusting is reeds deel van jou lyf. Moet jy enige bykomende hulpmiddels aanskaf?
Bang vir EERSTE UITSTAPPIE
SALIGE SLAAP • Weet jy wat om te verwag as...